Terugbetalings

Terugbetalings- en terugstuurbeleid

As iets nie reg is nie, laat weet ons by hennieter@gmail.com of 072 245 1383, met jou bestelnommer (bv. HT-261105-ABCD) as jy dit het.

Boeke

  • Van plan verander: ons betaal nie terug vir boeke wat korrek en in goeie toestand afgelewer is nie.
  • Beskadig, foutief of verkeerd: laat weet ons binne 6 maande nadat jy dit ontvang het. Ons vervang die boek of betaal jou terug (jou keuse), en ons dra die afleweringskoste.
  • Pakkie kom nie aan nie: laat weet ons; ons spoor dit met The Courier Guy op. As dit verlore is, stuur ons 'n nuwe boek of betaal jou terug.
  • Om 'n boek terug te stuur, kontak ons eers sodat ons kan reël hoe (Pudo-locker of in George afgee).

Afrigtingsessies en werkswinkels

  • Ons betaal nie terug vir sessies of werkswinkels wat jy kanselleer nie. Jy kan wel 'n sessie skuif, of jou werkswinkelplek aan iemand anders gee. Sien ons kansellasiebeleid.
  • As óns 'n sessie of werkswinkel kanselleer of skuif en die nuwe datum pas jou nie, betaal ons jou die volle bedrag terug.

Breinvriend-intekening

  • As jy vir die eerste keer inteken, is die eerste dag gratis: jy kan kanselleer voordat die eerste R29 afgetrek word.
  • Maandelikse betalings word nie terugbetaal nie. As jy kanselleer, word daar niks verder afgetrek nie en jy hou toegang tot die einde van die tydperk waarvoor jy betaal het (33 dae ná jou laaste suksesvolle betaling).
  • Is jy per ongeluk dubbel of ná kansellasie gedebiteer, betaal ons dit altyd ten volle terug.

Hoe en wanneer jy jou geld terugkry

  • Terugbetalings gaan deur PayFast terug na dieselfde kaart of rekening waarmee jy betaal het.
  • Ons verwerk 'n goedgekeurde terugbetaling binne 10 werksdae. Dit kan daarna 'n paar dae neem voordat jou bank dit wys.
  • Ons laat jou per e-pos weet wanneer die terugbetaling gedoen is.

Hierdie beleid beperk nie jou regte onder die Wet op Verbruikersbeskerming of die Wet op Elektroniese Kommunikasie en Transaksies nie. Sien ook ons terme en voorwaardes.

Laas bygewerk: 06/11/2026