Kansellasies
Kansellasiebeleid
Om enigiets te kanselleer, e-pos hennieter@gmail.com of bel 072 245 1383. Ons bevestig kansellasies van bestellings, sessies en werkswinkels per e-pos. Breinvriend kan jy ook self in die app kanselleer (sien onder).
Boekbestellings
- 'n Betaalde boekbestelling kan nie gekanselleer of terugbetaal word nie, behalwe as die boek beskadig, foutief of verkeerd is, of nie aankom nie. Sien ons terugbetalingsbeleid.
- Het jy 'n fout in jou adres of locker-keuse gemaak? Kontak ons so gou moontlik; as die boek nog nie gestuur is nie, maak ons dit reg.
Een-tot-een en groepsessies
- Laat weet ons minstens 24 uur vooraf, en ons skuif die sessie sonder koste na 'n ander tyd. Dit geld ook vir afsprake wat op /afspraak bespreek en betaal is.
- Kanselleer jy minder as 24 uur vooraf, of daag jy nie op nie, word die sessie gehef en nie terugbetaal nie.
- Groepsessies vir maatskappye volg die kansellasietermyn wat in die kwotasie staan.
Werkswinkels
- Werkswinkelkaartjies word nie terugbetaal nie. Kan jy nie gaan nie, mag jy jou plek aan iemand anders gee: laat weet ons net die nuwe persoon se naam.
- As ons die werkswinkel kanselleer of skuif, kry jy 'n volle terugbetaling as jy nie die nuwe datum kan bywoon nie.
Breinvriend-intekening
Jy kan Breinvriend enige tyd kanselleer. Daar is geen minimum tydperk of kansellasiefooi nie.
- Maak die Breinvriend-app oop en gaan na die Hulp-oortjie.
- Onder My rekening, tik Kanselleer my intekening.
- Bevestig met Ja, kanselleer.
Die app kanselleer jou intekening dadelik by PayFast, en daar word niks verder van jou kaart afgetrek nie. Die app wys dan 'n bevestiging met die datum tot wanneer jy nog toegang het. Ons stuur nie 'n bevestigings-e-pos nie, so neem gerus 'n skermskoot. Sukkel jy, e-pos of bel Hennie en ons kanselleer dit vir jou, binne 1 werksdag.
- Jy hou toegang tot die einde van die tydperk waarvoor jy reeds betaal het (33 dae ná jou laaste suksesvolle betaling). Kanselleer jy op jou gratis eerste dag, hou jy toegang tot die einde van daardie dag.
- Betalings wat reeds gedoen is, word nie terugbetaal nie, behalwe foutiewe debiete. Sien ons terugbetalingsbeleid.
Sien ook ons terme en voorwaardes.
Laas bygewerk: 09/11/2026