← Alle boeke

Omslag van Jou Brein: Vriend of Vyand

Boek

Jou Brein: Vriend of Vyand

Jou Kop as Spanmaat

Lê jy snags wakker terwyl jou kop die ergste oor en oor afspeel? Of werk alles by die oefening, net om in die wedstryd uitmekaar te val? Dis nie 'n gebrek aan wilskrag nie. Dis programme. En programme kan herskryf word.

Deel 1, Jou Brein: Vriend of Vyand. Verstaan hoe jou brein werk, hoe programme soos vrees, minderwaardigheid en jaloesie gevorm word, en hoe jy dit kan herprogrammeer vir 'n vryer, doelgerigte en vervullende lewe.

Deel 2, Jou Kop as Spanmaat. Dieselfde beginsels op die veld, die baan en die kolfblad. Geskryf vir die sportpersoon, van die o/13-span tot die Springbokke, maar net so kragtig by die werk, in jou besigheid, verhoudings en gesin.

Eers verstaan, dan toepas.

Afrikaans

R295 + aflewering

Met The Courier Guy na 'n Pudo-locker of na jou deur (net in Suid-Afrika), of haal dit in George af.

← Kies nog 'n boek (Afrikaans of Engels)