Breinvriend
Hou jy daarvan? Teken in om môre met Dag 2 voort te gaan: 365 dae se gedagtes, stemboodskappe, kaarte en vrae.
Installeer die app sodat dit soos enige ander app op jou tuisskerm sit.
Moenie die ketting breek nie. Elke dag wat jy een oefening doen, kry ’n skakel kleur.
Gedagte vir vandag
Stap 2: Stuur nou die QR-kode en skakel na dieselfde persoon. Dit verskyn onder die stemboodskap.
Tien minute is genoeg. Herhaling met gevoel bou ’n nuwe program.
Kry elke dag ’n kennisgewing op jou foon, op ’n tyd wat jou pas.
Hoe laat wil jy dit kry?
Hoe laat saans wil jy dit kry?
Kaart van die dag
’n Ou, negatiewe gedagte verskyn. Kies die sin wat jou onderbewussyn kan glo en wat jou vorentoe laat beweeg.
Ou program
Het jy al so gedink? Skryf die nuwe sin in jou eie woorde, sodat dit by jou lewe pas.
Vraag van die dag
Skryf eerlik, net vir jouself. Daar is geen verkeerde antwoord nie.
Oefeninge
Jou daaglikse program is op die Tuisblad. Hier is ekstra oefeninge wat jy enige tyd kan doen, so dikwels as wat jy wil, byvoorbeeld wanneer iets jou ontstel het. Elkeen tel vir jou ketting.
Spanning weg · 2 minute
Die lang uitasem sê vir jou liggaam: alles is veilig. Volg die sirkel. Vyf rondtes duur net minder as twee minute.
Voel jy steeds oorweldig? Praat met iemand. SADAG se 24-uur-lyn is gratis: 0800 567 567
Stemboodskap van die dag
Sit gemaklik, maak jou oë toe as jy wil, en luister. Dit duur net ’n paar minute.
Ekstra oefening · 5 minute
Agt kaarte uit die oefenstapel en die kaarte wat jy reeds oopgemaak het. Speel so dikwels as wat jy wil.
Ou program
Klaar
Drie stappe: herken die outomatiese gedagte, daag dit uit met bewyse, en vervang dit met ’n sin wat jy kan glo.
Reaksiedagboek · 4 minute
’n Sterk reaksie is ’n wegwyser na ’n ou program. Jou liggaam onthou dikwels wat jou kop lankal vergeet het.
Was jou reaksie groter as wat die situasie gevra het? Dan reageer jy waarskynlik op ’n ou wond, nie op vandag nie.
Na die wortel · 5 minute
Vra “hoekom?” oor en oor. Gewoonlik is jy teen die vyfde of sesde “hoekom” by die ware program.
Jou ou program
Sterkste frekwensie · 1 minuut
Dit gaan nie oor hoe groot dit is nie. Jou bed, koffie, ’n vriend se boodskap. Dit gaan oor die houding wat jy vestig.
Sê ook dankie vir een ding waarvoor jy nog hoop, asof dit reeds gebeur het. Byvoorbeeld: “Dankie dat ek elke dag rustiger word.” Jou onderbewussyn hoor die dankie en begin glo dat dit moontlik is.
Oggendoefening · 1 minuut
Waarop jy fokus, gee jy krag. Kies een goeie ding vir vandag, en kom terug daarna wanneer die dag besig raak.
Visualisering · 5 minute
Skryf jou droom deur jou vyf sintuie, in die hede, asof dit klaar gebeur het. Speel dit dan elke oggend vir jouself.
Lees jou breinfliek rustig deur en sien dit voor jou oë, asof dit klaar gebeur het. Kies dan:
Breinvriend
Geen inskrywing of kaart nodig nie. Doen vandag se asemhaling, luister na Hennie se stemboodskap, en speel die kaart en vraag van die dag.
Tien minute per dag, ’n hele jaar lank: ’n nuwe gedagte, ’n kaart en ’n vraag elke dag, plus asemhaling wat spanning laat sak. Gebaseer op Hennie Terblanche se boek Jou Brein: Vriend of Vyand.
Tik jou selfoonnommer en ’n PIN van 4 syfers in. Nuut? Kies self ’n PIN wat jy sal onthou. Jou eerste dag is gratis. Ons neem jou na Payfast om in te teken; jy betaal niks vandag nie, en daarna R29 per maand. Kanselleer binne die eerste dag, en jy betaal glad niks. Reeds ingeskryf? Gebruik jou PIN om in te kom.
Jou joernaal bly net op jou eie foon. Ons stoor jou selfoonnommer, jou intekening en, as jy dit aanskakel, jou herinneringstye. Breinvriend vervang nie ’n dokter, sielkundige of berader nie.
Breinvriend
Teken in om Breinvriend te gebruik: 365 dae se nuwe gedagtes, kaarte en vrae, en al die oefeninge.
Jy betaal veilig deur Payfast. Payfast vra jou kaartbesonderhede en stoor dit self; die app sien dit nooit nie. Jy kan enige tyd self in die app kanselleer, onder Hulp.
Jou joernaal bly veilig op jou foon, ook as jy nie nou inteken nie.
Joernaal
Alles wat jy stoor, bly net op hierdie foon. Niemand anders sien dit nie, ook nie ons nie.
Kry jy ’n nuwe foon? Stoor eers ’n rugsteun-lêer en bewaar dit (byvoorbeeld in jou e-pos of op jou rekenaar). Laai dit dan op die nuwe foon in.
Hulp
Hierdie app help jou om jou gedagtes en spanning beter te hanteer. Dit is nie ’n plaasvervanger vir ’n dokter, sielkundige of berader nie. As jy deur ernstige trauma, depressie of ’n krisis gaan, praat asseblief vandag nog met iemand.
Meer inligting: www.sadag.org
Selfoon:
Status:
Wil jy regtig kanselleer? Jy hou toegang tot die einde van die maand waarvoor jy reeds betaal het. Jou joernaal bly op jou foon.
Wil jy regtig jou rekening uitvee? Ons kanselleer jou intekening by Payfast, sodat niks meer afgetrek word nie, en vee jou selfoonnommer, PIN en herinneringe uit. Op hierdie foon word jou joernaal en vordering ook uitgevee. Dit kan nie ongedaan gemaak word nie. Jy verloor dadelik toegang, ook as jy reeds vir hierdie maand betaal het.
Betalingsrekords (bedrag en datum) bly vir ons rekeningkunde, sonder jou naam, e-pos of nommer.
Net vir Hennie en Pierre. Spring vorentoe of terug om die app te toets. Gewone lede sien dit nie.
App-dag en stemboodskap:
Die oefeninge kom uit Hennie Terblanche se boek Jou Brein: Vriend of Vyand, oor hoe jou onderbewussyn jou lewe bestuur, en hoe om dit te herprogrammeer. Kontak: hennieter@gmail.com
Breinvriend word aangebied deur Always Be Positive. Jou joernaal word net op hierdie toestel gestoor; ons stoor jou selfoonnommer, jou intekening en, as jy dit aanskakel, jou herinneringstye.